KENNISGEWING 254/2026: AAN BETROKKE PERSONE - AANSOEK VIR HERSONERING EN TOESTEMMINGSGEBRUIK: REMAINDER 541 FARM TREKKLOOF CLANWILLIAM
| Aansoeker: | Jan Andreas Truter / South Consulting |
| Eienaar: | FANTASTIC INVESTMENTS 427 CC |
| Verwysing nommer: | FARM RE/541 CLW |
| Eiendomsbeskrywing: | Die Restant van die Plaas Trekkloof No 541, Afdeling Clanwilliam Weskaap |
| Fisiese Adres: | Openbare Pad 8099, ±3.8 km noord van die Matjiesrivier pad interseksie na Wupperthal |
| Besonderhede van aansoek: |
|
Kennis word hiermee gegee in terme van artikel 45 van die Cederberg Munisipaliteit se Verordening op Munisipale Grondgebruik en Beplanning dat die bovermelde aansoek ontvang was en dat dit beskikbaar vir insae beskikbaar is gedurende weeksdae tussen 08:00 en 15:00 by die kantoor van die Direkteur : Ingenieurs en Beplanningsdienste, Cederberg Munisipaliteit, by die grondgebruiksbeplanning Hulptoonbank, Voortrekkerstraat, Clanwilliam. Enige geskrewe kommentaar moet, in terme van artikel 50 van die genoemde wetgewing geadresseer aan Privaat sak X2, Clanwilliam, 8135, of gefaks word na (027) 482 1369, vir aandag van Mnr. A. Neethling, op of voor 30 dae van die datum van publikasie van hierdie kennisgewing, met vermelding van hierdie kennisgewing en met aanduiding van u naam, adres of kontakbesonderhede, belang by die aansoek en rede vir kommentaar. Kommentaar kan gestuur woord na landuse@cederberg.gov.za. Telefoniese navrae kan gerig word aan Mnr. A. Neethling by (027) 482 8000. Die Munisipaliteit mag weier om aansoeke wat na die sperdatum ontvang was te erken. Enige persoon wie nie kan skryf nie kan bygestaan word deur 'n Munisipale beampte om amptelik hul kommentaar op skrif te stel.
Die uwe
Munisipale Bestuurder
Last published 30 September 2026