KENNISGEWING: 40/2024
5DE GENERASIE GEINTEGEERDE ONTWIKKELINGSPLAN EN BEGROTING 2024-2025
Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 16 (1) en 29 (1) (b) van die Wet op Munisipale Stelsels (Wet 32 van 2000) dat openbare konsultasies gedurende April 2024 gehou sal word om publieke insae te verkry vir die 5de Generasie Geintegeerde Ontwikkelingsplan (GOP) en Begroting 2024-2025. Die openbare konsultasies bied die geleentheid vir konsultasies met departementele amptenare rakende voorstelle, kommentaar en/of navrae met betrekking tot die GOP en Begroting 2024/25.
Die gemeenskap sal ook die geleentheid kry om dienste navrae aan amptenare te rig, byvoorbeeld: deernis toelae, rekening, bou beheer en behuising.
Die skedule vir genoemde kennisgewing is soos volg:
WYK |
PLEK |
DATUM |
DAG |
TYD |
LOKAAL |
Wyk 1 & 2 | Citrusdal | 13 April 2024 | Saterdag | 9:00-14:00 | Vicky Zimri Thusong Sentrum |
Wyk 3 | Clanwilliam | 6 April 2024 | Saterdag | 9:00-14:00 | Kathy Johnson Thusong Sentrum |
Wyk 4 | Graafwater | 13 April 2024 | Saterdag | 9:00-14:00 | Graafwater Munisipale Kantoor |
Wyk 4 | Elandsbaai | 13 April 2024 | Saterdag | 9:00-14:00 | Elandsbaai Gemeenskap Saal |
Wyk 5 | Lambertsbaai | 6 April 2024 | Saterdag | 9:00-14:00 | Don Burrel Thusong Sentrum |
Wyk 5 | Leipoldtville | 14 April 2024 | Sondag | 14:00-17:00 | VGK Saal |
Wyk 6 | Wupperthal | 10 April 2024 | Woensdag | 14:00-17:00 | Eendrag Saal |
Wyk 6 | Algeria | 11 April 2024 | Donderdag | 14:00-17:00 | Biblioteek Saal |
Wyk 6 | Paleisheuwel | 14 April 2024 | Sondag | 14:00-17:00 | Paleisheuwel Saal |
Enige navrae kan gerig word aan Dmitri Frantz by (027) 482 8000 of per epos na dmitrif@cederbergraad.co.za .
Mnr. Gerrit Matthyse
Munisipale Bestuurder
Last published 28 March 2024