KENNISGEWING: 55/2024
GOEDGEKEURDE 2024/2025 KONSEP BEGROTING EN KONSEP VYFDE GENERASIE GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) 2024/2025
Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 22 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) en Artikel 18 van die Munisipale Begrotings en Verslagdoening Regulasies 2008 onderskeidelik, dat die Konsep Begroting vir 2024/2025 goedgekeur is gedurende die Raadsvergadering van 28 Maart 2024.
Kennis geskied ook hiermee ingevolge Artikel 25(4) van die Munisipale Stelsels Wet 2000 (Wet No. 32 van 2000) dat die Konsep GOP vir 2024/2025 aangeneem is gedurende die Raadsvergadering van 28 Maart 2024.
Ingevolge Artikel 21A van die Munisipale Stelsels Wet, 2000 (Wet No. 32 van 2000), word die gemeenskap genooi om ten opsigte van die Konsep Begroting en Konsep GOP 2024/2025 skriftelik kommentaar of vertoë te rig aan die munisipaliteit, teen nie later as 30 April 2024.
Die Raadsbesluit, en alle ander tersaaklike dokumentasie, is beskikbaar gedurende kantoor ure by die munisipale kantore en biblioteke in Clanwilliam, Citrusdal, Graafwater, Lambertsbaai en Elandsbaai. Die gemelde dokumentasie sal ook beskikbaar wees op die webwerf van die Munisipaliteit: www.cederbergmun.gov.za.
Last published 19 June 2024