KENNISGEWING: 10/1/2/1
DEERNISHULP SUBSIDIE: 2024/2025 FINANSIËLE JAAR
Aan Alle Kliënte
Geliewe kennis te neem dat die Deernishulp Subsidie wat toegestaan is aan geregistreerde behoeftige dienste verbruikers op 30 Junie 2024 verval.
Munisipale amptenare sal beskikbaar wees by die munisipale kantore in die onderskeie dorpe vanaf 02 Mei 2024 tot en met 14 Junie 2024, tussen 09h00 en 14h00 om die nodige aansoekvorms te voltooi. Indien u reeds as ‘n Deernisgeval geregistreer is moet u egter weer aansoek doen vir die 2024-2025 finansiële jaar. Die Raad nooi hiermee kwalifiserende SASSA pensioenarisse en ander individue uit om aansoek te doen.
Die volgende dokumente word benodig:
___________________________
MUNICIPAL MANAGER /
MUNISIPALE BESTUURDER
Last published 23 April 2024