KENNISGEWING: 46/2021
KENNISGEWING VAN DIE VERLENGING VAN DIE 2016 - 2021 ALGEMENE WAARDASIEROL
Gedurende die Raadsvergadering wat plaasgevind het op 31 Maart 2021 het die Raad besluit dat die administrasie delegeer word om ‘n versoek aan die LUR van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning in te dien dat die munisipaliteit se bestaande Algemene Waardasierol wat op 30 Junie 2021 sou verstryk, verleng word vir ‘n jaar lank terwyl die munisipaliteit voorberei vir die nuwe Algemene Waardasierol 2022-2027.
Die versoek was aan die LUR van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning gerig en goedkeuring is verleen ingevolge Artikel 32 (2)(a)(ii) van die Plaaslike Regering Munisipale Eiendomsbelasting Wet No. 6 van 2004.
Vir enige navrae kontak Mnr. Stanley Van Rooyen by 027 482 8000 of stuur 'n e-pos aan stanleyv@cederbergraad.co.za.
Mnr A Titus
Waarnemende Munisipale Bestuurder
Last published 20 May 2021