OPDATERING VAN BEHUISINGS WAGLYS VIR AGTERPLAAS BEWONERS CLANWILLIAM
Hiermee word aansoekers woonagtig op `n agterplaas wie se naam op die Behuising waglys van Clanwilliam verskyn, word dringend versoek om sy / haar besonderhede te kom opdateer by u plaaslike Munisipale Behuisingskantoor te Voortrekker straat, Clanwilliam.
Aansoekers moet asseblief die volgende oorspronklike dokumente saambring by opdatering van u Behuisingsaansoek:
Identiteitsboekie / Kaart ( man & vrou / saamwoon maat ),
Huweliksertifikaat indien u getroud is;
Beëdigde verklaring dat u in ’n saamwoon verhouding is;
Finale Egskeidingsbevel met finansiële afhanklikes ( indien van toepassing );
Geboortesertifikate / Id’s van Afhanklikes ( Kinders / Kleinkinders wat in u sorg is);
Doodsertifikaat indien u getroude / saamwoon maat oorlede is;
All-Pay strokie ( indien u 'n toelaag ontvang ) nie ouer as drie maande;
Salaris strokie ( payslip ) nie ouer as drie maande
Salaris strokie moet die volgende belangrike inligting bevat:
Werker ( aansoeker ) se besonderhede
• Volle Name en Van
• Identiteitsnommer van Aansoeker
• Posisie wat die aansoeker beklee
• Basiese salaris moet aandui per week / twee weekliks of per maand
• Aftrekkings indien enige
Werkgewer of besigheidsnaam se besonderhede:
• Naam, Adres, en kontakbesonderhede
Indien werkloos, beëdigde verklaring by die plaaslike Polisiestasie moet afgelê word dat u werkloos is.
Let wel: Beide man / vrou / saamwoonmaat moet teenwoordig wees by die ondertekening van die aansoekvorm by opdatering en GEEN ONVOLLEDIGE DOKUMENTE SAL AANVAAR WORD NIE.
Hierdie opdatering sal geskied vanaf 3 Mei 2021 tot en met die 24 Mei 2021.
Vir enige verdere navrae kan u die volgende persoon gedurende kantoror ure kontak:
Mej Marianne Nel by [027] 482 8000 (Clanwilliam Administrasie )
Nuwe aansoekers word aangemoedig om te kom registreer om op waglys te verskuin.
MNR A TITUS
MUNISIPALE BESTUURDER
Last published 15 April 2021